Your Recipe Blog

BRAAIPASTEI IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 20 minute

BRAAIPASTEI IN DIE OOND

Ek het die uitdaging aangevat om vir die eerste keer ‘n “Braai Pie” te maak. Ons het nie ‘n toevou rooster nie en het kleiner porsies pasteie in die oond gemaak.
Die bestanddele se hoeveelhede is na gelang van hoeveel pasteie gemaak word na keuse.

  • olie
  • uie, opgekap
  • knoffel, fyngedruk
  • groen soetrissie, in blokkies opgesny
  • geel soetrissie, in blokkies opgesny
  • sampioene, opgesny
  • sout, peper en speserye, na smaak
  • rissievlokkies, na smaak
  • spek, opgesny
  • skilferkorsdeeg
  • eier, vir bo-oor verf

Verhit die olie in ‘n pan, voeg die uie en knoffel by en braai tot lig en deurskynend.
Voeg die soetrissies, sampioene, sout, peper, speserye en rissievlokkies na smaak by.
Laat die mengsel braai vir ongeveer 5 minute, voeg die gesnyde spek by en braai die vulsel totdat die spek gaar is.
Verwyder die pan van die hitte en laat dit heeltemal afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg oop en sny kleiner porsies soos verkies, vul die deeg met die afgekoelde vulsel en bedek die vulsel met nog ‘n deeglagie.
Druk die randte was met ‘n vurk en verf die pasteie met geklitste eier.
Bedek die roosterrak van die oond met foelie en spuit met kleefwerende kossproei.
Plaas die pasteie op die oorgetrekte rak en bak die pasteie in ‘n voorverhitte oond by 180ºC – 200ºC vir 20 minute, totdat die deeg deurgaar en goudbruin is.
Dit was baie lekker… al moet ek dit self sê.

Resep en fotos: Tyron Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page