Your Recipe Blog

BOTTERSKORSIESOP MET LEMOEN

BOTTERSKORSIESOP MET LEMOEN

  • 1 botterskorsie, geskil en opgesny
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 1 blokkie hoenderaftreksel (groente-aftreksel werk ook goed)
  • 1 koppie volroommelk
  • pietersielie
  • swartpeper
  • 10 ml gerasperde lemoenskil (zest)
  • 2 lemoene se sap

Kook botterskorsie en ui in genoeg water saam met ‘n aftrekselblokkie tot sag.
Plaas die hele mengsel, saam met die oorblywende aftreksel-water in die voedselverwerker. Meng dit goed deur, voeg bietjie-bietjie melk by die mengsel (gebruik meer melk as jy die sop dunner verkies). Strooi ‘n handvol vars pietersielie in die mengsel.

Maal bietjie swartpeper in. Voeg vars lemoenskil by die mengsel. As alles goed gemeng is, plaas dit terug in die kastrol op die stoof, laat dit lekker deurprut.
Voeg vars lemoensap by die sop. Roer lekker deur en laat prut nog effens.
Vir garnering giet ‘n dun straaltjie room in die middel van die sop en sit bietjie fyn gesnyde pietersiele by die room.

Nota:
Suurroom is ook heerlik. In plaas van melk om die sop te verdun kan room ook gebruik word. Dit is dan net bietjie ryk vir my.
Hierdie sop vries wonderlik, dit proe weer vars as dit ontdooi word. Moet net nie in die mikrogolf ontdooi nie, laat by kamertemperatuur ontdooi. Geniet!

Foto: Vickie Grové
Resep: Julanda Swanepoel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page