Your Recipe Blog

BORRIE KEKERERTJIES EN FRIKKADELLE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies - ongeveer 14 frikkadelle

BORRIE KEKERERTJIES EN FRIKKADELLE

Karen Hart het gister hierdie resep gedeel, en ek het dit vandag probeer. Regtig baie lekker, ek het so paar klein aanpassingkies gemaak, maar dis maar persoonlike smaak.

  • Vir die frikkadelle:
  • 500 g beesmaalvleis
  • 1 sny ou witbrood, verkrummel
  • 1 klein ui, fyngekap of gerasper
  • 1 knoffeltoontjie, gekneus en fyngekap
  • 1 rooi brandrissie, pitjies en naatjies verwyder en in stukkies gekap (opsioneel ek het dit nie gebruik nie)
  • ½ teelepel fyn komyn
  • ½ teelepel fyn kaneel
  • ½ teelepel borrie
  • 1 eetlepel gekapte vars koljander of pietersielie
  • 1 eier, effens geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • Vir die kekkerertjies:
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels olie
  • 3 groot uie, in wiggies gesny (ek het net 2 gebruik)
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ½ teelepel borrie
  • 1 x 400 g blik kekkerertjies, goed afgespoel en gedreineer
  • 2 koppies hoenderaftreksel (2 stock blokkies en 500 ml kookwater)
  • ½ koppie soetrissiesous
  • 30 ml Worcestersous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ‘n handvol vars gekapte koljander of pietersielie om mee te bedien

Plaas al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n groterige mengbak en meng goed met ‘n groot vurk.
Vorm frikkadelle so groot soos tafeltennisballetjies en hou eenkant in die yskas.
Verhit die botter en olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie daarin totdat dit begin verkleur en effe sagter word.
Voeg die res van die bestanddele by buiten die koljander/pietersielie en bring tot kookpunt.
Rangskik die frikkadelle tussenin, bedek die pot, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 15 – 20 minute prut of totdat die frikkadelle gaar is.
Haal die deksel af, verhoog die hitte en kook ‘n paar minute om die vloeistof effens te verminder, indien nodig.
Roer die vars koljander deur en bedien saam met rys.
Ek het ook soet lemoenwortels daarby bedien.

Resep: Karen Hart
Foto en resep aanpassing: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page