Your Recipe Blog

BORRIE EN FRITOS PASTAGEREG

BORRIE EN FRITOS PASTAGEREG

Iets anders.  Ek was lus vir pasta, maar nie met maalvleis of spek nie. Ek maak toe my eie konkoksie, want als werk mos net saam pasta.

  • 500 g pasta (macaroni)
  • 3 teelepels borrie
  • 400 g pakkie ‘cheese grillers’
  • 1 ui
  • 1 teelepel knoffel
  • ongeveer ‘n koppie gerasperde kaas
  • 1 wiel Fetakaas gekrummel
  • fritos (tamatie geur)
  • 2½ koppies melk
  • 3-4 teelepels mielieblom (Maizena)
  • 2 eetlepels botter/margarien
  • sout
  • swartpeper
  • rooipeper
  • gemengde kruie

Kook pasta in water.
Voeg olie, sout en borrie saam die pasta wat kook.
Dreineer oorblywende water sodra pasta al dente is. Hou eenkant.
Sny ui op in blokkies en braai in bietjie olie.
Sny worsies in happie grotes en voeg by die uie, knoffel, gemengde kruie, rooipeper, swartpeper en bietjie sout.
Braai tot die uie en worsies gaar is. Hou eenkant.

Maak die witsous soos volg:
Smelt die botter in ‘n pot.
Sodra botter gesmelt is, voeg 2 koppies melk by.
Maak ‘n pasta van doe maizena en res van die melk en voeg by sodra die melk kook.
Voeg sout en peper by. Kook op stadige hitte tot die sous verdik het.
Voeg kaas by, sodra sous verdik het, meng goed deur dat die kaas goed smelt.

Meng pasta, worsie-mengsel en witsous saam.
Breek fritos (‘chips’) fyn.
Skep op en strooi gekrummelde Fetakaas en fritos oor.

Geniet

Resep en foto: Natania Malan

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5