Your Recipe Blog

BOOMTAMATIEKONFYT

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 tot 5 bottels

BOOMTAMATIEKONFYT

Plaas boomtamaties in groot houer en giet kookwater oor dit. Laat staan vir so 5 minute en trek al die skilletjies af omrede dit taaierig is.  Sny die tamaties in stukkies en weeg dit.

  • Vir elke 1 kg boomtamaties gebruik die volgende:
  • 1 kg suiker
  • 2 eetlepels suurlemoensap – verhoed dat konfyt sandsuiker word
  • 1 teelepel botter – dit help dat dit nie skuim maak en oorkook nie
  • 1 koppie water (250 ml)
  • 1 kaneelstokkie
  • 5 ml gemmer, fyn of vars gekap
  • 1 Granny Smith appel, gerasper om by te voeg sodat konfyt na die tyd nie loperig is nie of jy kan pektien ook gebruik wat jy by apteek kan koop

Neem ‘n diep genoeg glasbak wat mikrogolf oond bestand is en plaas die tamaties, botter, suurlemoensap en Granny Smith appels daarin. Sit in die mikrogolf oond op hoog vir 12 minute sonder deksel.
Haal uit roer deur.
Voeg nou suiker en ander bestanddele by. Roer deur tot suiker goed deur gemeng is.
Sit terug in mikrogolf oond vir ‘n verdere 15 minute op hoog.

Haal uit en roer weer deur. Suiker moet nou heeltemal opgelos wees.
Sit vir verdere 15 minute in. Haal uit weer en roer weer goed deur.
Herhaal vir verdere 10 minute.
Toets in ‘n koue bordjie of die konfyt stol.
Indien jy nie tevrede is nie herhaal vir verdere 10 tot 15 minute of tot jy gelukkig is met tekstuur.
Bottel warm in gesteriliseerde flessies en seël.
Dit maak so 4 tot 5 flessies met 1 kg.

Geniet.

Resep en foto: Amanda Naude
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page