BONKIGE FUDGE-BLOKKIES
Die resep ‘n bietjie verander, maar al wat ek kan sê is dank die Vader ek het van dit skool toe gestuur! Ek sou dit als op eet! Yummy van Ierland en love die page!!!
- 125 ml ingedampte melk
- 180 ml suiker
- 30 ml botter
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml sjokolade, gekap
- 500 ml graanvlokkies
- 250 ml klapper
- 125 ml gekapte okkerneute
Smeer ’n bakplaat van 30 x 11 cm
Meng die ingedampte melk, suiker en botter in ’n kastrolletjie. Roer, bring tot kookpunt en laat sowat 2 minute kook.
Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel en sjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt het.
Voeg die graanvlokkies, klapper en neute by en meng deur.
Druk op die voorbereide bakplaat vas en verkoel tot stewig. Sny in blokkies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Madelein Brinklow
Nota: Maar sjoe ek het lanklaas so iets yummy geëet!