Your Recipe Blog

BOEREWORS GEREG – RAILWAY STEW

BOEREWORS GEREG – RAILWAY STEW

Genoeg vir 4 persone

  • 4-6 stukke boerewors (worsbroodjie grootte)
  • Olie vir braai
  • 1 groot ui
  • 1 soetrissie
  • 30 ml sterk kerrie (of na smaak)
  • 10 ml borrie
  • 5 ml cajun speserye
  • 15 ml appelkooskonfyt of 15 ml bruinsuiker
  • 130 ml sterk blatjang
  • 30 ml Worcestersous
  • 2 knoffelhuisies
  • sout na smaak
  • 250 gram rou macaroni (kan ook met ¼ koppie rys vervang word)
  • 4 groot aartappels (in groterige blokkies gesny)
  • Opsioneel:
  • 4 gekookte eiers

Sny uie, greenpepper en knoffel in klein blokkies en braai liggies in bietjie olie saam in ‘n pot, (ek gebruik ‘n plat swartpot) (± 3min), met die kerrie, borrie en cajun sperserye.
Skep dit uit en hou eenkant.
Neem die wors en sny in kleiner stukkies (±5 cm) en braai in dieselfde pot tot bruin.
Skep die eerste bestanddele terug. Voeg die aartappels, blatjang, worcestersous en appelkooskonfyt of bruinsuiker by. (indien rys verkies word, voeg dit tesame met die aatappels by). Roer goed deur en voeg net genoeg water by om die res van die bestanddele in te kan prut tot aartappels en rys gaar is.
Voeg die macaroni by wanneer die aartappels amper gaar is, sodat dit nie pap kook nie. (indien rys nie gebruik word nie).
Voeg sout na smaak by.
Voor opdiening, roer die pot deur, en sny die gekookte eiers in die helfte.
Bedien hierdie “stew” met die gekookte eiers, (wat van die “stew” sousie oor het) saam met roosterbrood.

Resep geplaas deur Elaine Schoeman
Foto:  Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page