Your Recipe Blog

BOEREWORS EN KOOLBREDIE

BOEREWORS EN KOOLBREDIE

  • Boerewors
  • 1 pakkie roast meat gravy poeier of bruinuiesoppoeier
  • Sny in stukkies/repies:
  • 1 groot ui
  • 3 tamaties
  • 3 wortels
  • ½ kool
  • groente (besluit self op hoeveelheid groente)
  • handvol dania of pietersielie
  • 10 ml knoffel

Haal boerewors uit derm en rol in balletjies (soveel wors as wat jy wil).
Verhit bietjie olyf olie in groot pan.
Braai uie en wors balletjies tot bruin.

  • Giet olie af en sit die volgende by:
  • 80 ml Worcestershire sous
  • 50 ml blatjang
  • 20 ml paprika
  • 5 ml gemaalde naeltjies
  • sout en peper na smaak

Sit groente by BEHALWE kool. Meng goed deur. Voeg ongeveer 250 ml water by.
Sprinkel pakkie roast meat gravy poeier of bruin uie sop poeier oor en meng deur.
Sit nog ‘n koppie water by. Bring tot kookpunt en draai af na lae hitte.
Sit kool bo op die vleis/groente/sous. Sit deksel op en prut vir 15 minute.
Kool behoort nou sag te wees.
Meng kool in bredie in en prut nog ‘n rukkie.
Besluit self of sous dik genoeg is en of daar genoeg sous is.  Pas aan soos nodig.

Nota:
Bedien saam rys en nog dania/pietersielie/fennel blare (die fyn bokant).
Lekker saam met pampoen en room spinasie.

Resep geplaas deur Glenda Diane Emmerson
Foto: Glenda Diane Emmerson

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page