BOERBROOD EN ROLLE
- 1 kg broodmeel
- 600 ml louwarm water (ek het omtrent 50 ml nog bygevoeg)
- 1 eetlepel sout
- 2 teelepels suiker
- 1 pakkie kitsgis
- 2 eetlepels asyn
- 2 eetlepels olie
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur.
Smeer die korsie lekker met gesoute botter wanneer dit uit die oond kom.
Nota:
Ek gebruik dieselfde resep vir broodrolletjies. Ek kry 8 lekker groot rolle uit.
Wanneer jy die rolletjies gevorm het, sprinkel bietjie meel oor en sny ‘n kepie in die deeg. Die outjies het 35 minute gebak. Heerlik sag en baie vullend!