BOERBOKBOUD IN DIE OOND
- 1 heel boerbokboud
- rissievlokkies na smaak
- Italiaanse kruie na smaak
- sout en peper na smaak
- 1 groot ui
Plaas die heel boud in ‘n oondvaste bak saam met ‘n groot ui wat in stukke gesny is en bedek met foelie.
Bak dit dan vir twee ure op 160ºC.
Haal die foelie af en voeg rissievlokkies, Italiaanse kruie en sout en peper na smaak by.
Skep van die sous wat gevorm het oor die vleis, bedek en bak verder vir nog 2 ure tot lekker murgsag.
Verwyder die foelie en verbruin ‘n kort rukkie. As jy dit te lank doen kan dit droog raak.
Die klein bietjie rissievlokkies en Italiaanse kruie word bygevoeg omdat bokvleis ‘n heerlike geurige smaak het en ander speserye glad nie nodig is nie.
Resep geplaas deur Rinie Louw
Foto: Gideon Louw