BOELIEBIEF MIELIEPAP
- 5 koppies water
- 5 koppies mieliemeel (wit of geel mieliemeel)
- 10 ml sout
- 1 blikkie boeliebief
- 1 blikkie roommielies
- 1 blikkie mieliepitte, water afgegooi
- 500 ml gerasperde Cheddar kaas
Maak pap met die eerste drie bestanddele.
Plaas die water en sout op die stoof in ‘n diep kastrol en sodra die water kook, roer die mieliemeel by tot ‘n gladde pap.
Draai die plaat laag.
Meng die boeliebief, roommielies, mieliepitte en kaas saam, voeg by die pap en meng goed deur.
Laat dit op lae hitte prut tot die pap gaar is.
Geniet dit saam met braaivleis.
Foto en resep: Marinda Grobler