BOELIEBEEF EN MACARONI GEREG
- 1 ui, gekap
- 1 tamatie, in blokkies gesny
- 1 groen soetrissie
- 1 blik boeliebeef
- 1 blik pitmielies
- 1 koppie kaas, gerasper
- 2 eiers
- ½ koppie melk
- sout, peper en pietersielie
- 2 koppies macaroni
Kook pasta gaar en dreineer, skep in gespuite oondbak.
Voeg mielies by en so ook die tamatie blokkies.
Braai ui en groen soetrissie liggies, skep ook by die macaroni en meng.
Flok boeliebeef en meng ook in by die pasta, geur met sout en peper.
Strooi kaas oor en sprinkel pietersielie oor. Klits melk en eier en gooi oor mengsel.
Bak in oond vir 20 min op 180°C.
Resep en foto: Engela Olckers