Your Recipe Blog

BOBOTIE MET APPEL

BOBOTIE MET APPEL

  • 30 ml margarien
  • 1 kg maalvleis
  • 2 snye brood (2 blokke weetbix, indien nie broodkrummels nie)
  • 100 ml witwyn of aftreksel (2 blokkies gemeng met kookwater – ½ koppie)
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 piesangs, in klein blokkies gesny, indien verkies
  • 2 groot uie, fyn gekap
  • 2 eetlepels Worcestersous
  •  sout
  • ½ teelepel peper
  • ½ eetlepel borrie
  • 2 eetlepels asyn
  • ½ koppie rosyne
  • 1 groot groen appel, gerasper
  • ½ koppie klapper
  • 2 eiers
  • 100 ml melk

Braai uie in die kastrol op die stoof. Voeg die maalvleis by en braai alles tot bruin. Meng die res van al die ander bestanddele by, maar nie die melk en eiers nie.
Voeg ander kruie, indien verkies, by. Alles word in kastrol gaargemaak, vir sowat 20 minute kooktyd op medium hitte.
Skep alles in ‘n groot bak of klein individuele bakkies.

Meng die eiers en melk en gooi oor die vleisbestanddele. Versier met lourierblare en amandels.
Plaas in die oond teen 180 ºC, bak tot eiermengsel gestol het.

Resep en foto: Lourens Claassen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page