Your Recipe Blog

BOBAAS GEMMERKOEKIES MET ‘N AANPASSING

Recipe by
Cook: 10 minute | Servings: 300 koekies

BOBAAS GEMMERKOEKIES MET ‘N AANPASSING

“Dié bobaas gemmerkoekies bly maar ‘n wenner. Ons het vandag die resep netso gebruik maar ons het drie teelepels witpeper bygevoeg; ons glo dit bring die gemmersmaak beter uit. Ons het ook in plaas van dit 12 – 15 min te bak, dit net vir 10 minute gebak, anners is dit effe geskroei aan die onnerkant – dit hang maar af van hoe dik jou panne is (ons sin is baie dun). Hierdie is maklik die heerlikste gemmerkoekies wat ek nog ooit geëet of gebak het!! Lekker bros, nie te veel gemmer, sommer net heeeerlik. Met krakies en al.  Hierdie is ‘n harde gemmerkoekie.

  • 3 pakke (500 g elk) bruismeel
  • 30 ml (2 eetlepels) kremetart
  • 30 ml (2 eetlepels) koeksoda
  • 30 ml (2 eetlepels) fyn gemmer
  • 5 ml (1 teelepel) sout
  • 3 teelepels witpeper
  • 500 g botter of kunsbotter
  • 500 g gouestroop
  • 1 kg sagte bruinsuiker
  • 6 eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ‘n aantal bakplate met kleefwerende kossproei of smeer liggies met botter. Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in die meelmengsel in. Verhit die gouestroop tot loperig en roer die bruinsuiker in. Roer tot effens opgelos en laat effens afkoel. Klits die eiers by en voeg by die droë bestanddele. Meng baie goed en vorm okkerneutgrootte bolletjies. Plaas op die bakplate en druk effens plat met die vingers. (‘n garetolletjie werk ook baie goed.)
Bak ongeveer 10 minute tot goudbruin. Laat effens op die bakplate afkoel, verwyder en laat verder op ‘n draadrakkie afkoel tot koud. Voer koekblikke met waspapier uit en bêre koekies daarin. Maak dig toe en bêre op ‘n koel plek.
Lewer ongeveer 300 koekies.

Nota: Lorinda Cloete – moenie met vurk platdruk nie. Maak bolletjies en druk effens tussen hande. Maak oond ook paar maal tydens bak oop – dit vermeeder die barsies.

Resep aangepas  en foto deur: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page