BLOUWILDEBEES PASTEI
- 1 kg wildsvleis, geen bene en soos biltong gekruie (jy kry biltong spice te koop – kyk by jou slagter)
- 3 uie, grof gekap
- 3 lourierblare
- ‘n paar heel peperkorrels
- ongeveer 2 koppies water
- 3 aartappels, grof gekap (kwarte)
- 1 handvol boontjies, in die helfte gesny
- Ekstra:
- 2 eetlepels mielieblom
Plaas al die bestanddele in die stoompot (buiten die mielieblom) en kook vir so 40 minute of langer as jy dit baie sag wil hê.
Skep die wildsvleis en uie in ‘n oondvaste bak sonder die sous.
Maak die mielieblom aan met 60 ml water en roer in die sous in wat oorgebly het in die pot. Kook goed deur en skep die sous oor die vleis in die oondvaste bak.
- Maak die volgende deeg aan:
- 2 eiers
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie olie
- 1 koppie melk
- 2 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
Meng goed en skep oor die vleisvulsel as ‘n kors.
Bak by 180°C vir 20 – 30 minute.
Nota:
Ek het toe die oond op grill gestel en dan mooi bruin gebak, hou dop! Hy bak vinnig bruin.
Resep en foto: Natacha Visagie