Your Recipe Blog

BLOUKAAS-, SPEK- EN KNOFFELSAMPIOENE

Cook: 30 - 35 minute | Servings: 6 porsies

BLOUKAAS-, SPEK- EN KNOFFELSAMPIOENE

Liezl het vir ons hierdie heerlike groot bruin sampioene gemaak.

  • 6 groot bruin sampioene
  • 6 respies spek
  • ± 6 opgehoopte teelepels botter
  • fyn knoffel, soveel na smaak
  • bloukaas, gekrummel, soveel na smaak
  • Mozzarella kaas, in repies gesny

Plaas die sampioene op foelie in ‘n oondpan.
Rol die spek, so groot soos die binnekant van die sampioen, om ‘n bakkie te vorm en plaas dit op die sampioen.
Meng die botter en fyn knoffel en plaas ‘n skeppie in die middel van elke sampioen, rondom die stam van die sampioen in die spekbakkie.
Skep soveel bloukaas na smaak op die knoffelbotter in elke sampioen en plaas die repies Mozzarella kaas bo-op die bloukaas.
Voorverhit die oond tot 160ºC en bak die gevulde sampioene vir 30 minute.
Rooster die sampioene onder die element vir 3 – 5 minute.
Geniet die heerlike, sapperige, spek, kaserigheid. Hmmmmm.

Resep en foto: Gideon en Liezl Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page