Your Recipe Blog

BLOUBESSIEKONFYT

BLOUBESSIEKONFYT

Ek het laas week hierdie heerlike bloubessiekonfyt gekook, kan dit regtig aanbeveel, dis lekker dik en smaak heerlik.

  • 800 g bessies (6 koppies)
  • 600 g suiker
  • 50 ml suurlemoensap (1 suurlemoen plus nog indien nodig)
  • zest van 1 suurlemoen

Plaas die bessies in ‘n bak en druk effens fyn met ‘n “masher” nie te pap nie net dat die bessies oopkraak.
Voeg die suiker en zest by en roer deur. Maak toe en roer af en toe.
Laat staan oornag in die yskas. Volgende oggend, roer goed deur en sit die bessies in ‘n pot op die stoof.
Maak stadig warm tot al die suiker gesmelt is.
Voeg die suurlemoensap by en kook op medium hitte, skep die skuim af en roer gereeld dat dit nie vasbrand nie.
Toets elke nou en dan op ‘n yskoue piering tot dit mooi stol.
Bottel in warm voorbereide bottels en deksels.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page