BLOUBESSIE KOLWYNTJIES
- 2 koppies koekmeel
- 3 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ½ koppie suiker
- 2 eiers
- 1 koppie “blueberry” jogurt
- ½ koppie melk
- 1/4 koppie olie
- 1 koppie vars bloubessies
Sif al die droë bestanddele saam.
Klits die res van die bestanddele (behalwe bessies) saam.
Meng droë- en natbestanddele saam.
Vou laastens bessies deur.
Skep in gesmeerde kolwyntjie panne.
Bak in voorverhitte oond van 180°C vir 15-20 min tot gaar.
Resep en foto: Suenell Liebenberg