Your Recipe Blog

BLOUBESSIE BLOKKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute | Servings: 24 blokkies

BLOUBESSIE BLOKKIES

(jam squares)

  • Deeg:
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 225 g koue botter (in klein blokkies gesny)
  • 1 eier
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • Vulsel:
  • sap van 1 suurlemoen
  • ½ – ¾ koppie suiker
  • 4 teelepels Maizena
  • 6 – 8 koppies vars bloubessies

Verhit die oond tot 190 ºC.
Sproei ‘n reghoekige koekpan (22 x 32 cm) met Spray en Cook.
(Kan ook 2 x 20 x 20 cm panne gebruik).
Meng die meel, suiker, bakpoeier, sout en suurlemoenskil saam in ‘n mengbak.
Sny die botter en die eier in met 2 messe, totdat dit krummelrig is.
Skep ⅔ van die deeg in die koekpan en druk dit met jou hande vas.
Sit die ander ⅓ deeg eenkant.
Plaas die koekpan in die oond, en maak die vulsel.
Roer die suurlemoensap, suiker en Maizena saam. Vou die bessies versigtig in.
Jy wil hulle nie te veel breek nie.
Haal die koekpan uit die oond uit en giet die bessies oor die kors.
Verkrummel die res van die deeg oor die bessies.
Sit terug in die oond en bak vir so 60 minute totdat die bokant mooi goudbruin is, en die bessies borrel langs die kante.
Verkoel op ‘n draadrak.
Sif klein bietjie versiersuiker bo-oor wanneer jy dit opdien. Sny in blokkies en sit voor.
(Ek sny gewoonlik in 24 blokkies).
Ek bere myne in die yskas want ek hou van dit koud, maar jy kan dit sommer op die kombuistafel laat staan.

  • Alternatief vir die bloubessie vulsel is die volgende:
  • 6 koppies gekapte perskes (so 8 perskes, geskil)
  • sap van 1 suurlemoen
  • ½ koppie koekmeel
  • ¾ koppie suiker
  • ¼ teelepel sout
  • ½ teelepel kaneel
  • ½ teelepel neutmuskaat

Sit die perskes in ‘n bak en besprinkel met die suurlemoensap.
Meng die meel, suiker, sout, kaneel en neutmuskaat saam.
Strooi oor die perskes en meng versigtig.
Gebruik op presies dieselfde manier as die bloubessie vulsel.

Aangepas deur: Debbie Edwards
Foto: Debbie Edwards

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page