Your Recipe Blog

BLOU OREO ROOMYS

Avatar photo
Recipe by
5 ure

BLOU OREO ROOMYS

  • 5 ml blou koekkleursel
  • 15 ml vanilla geursel
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 500 ml room
  • 1 pakkie sjokolade Oreo koekies

Breek pak Oreo koekies op in stukke en hou eenkant.
In ‘n glasbak of voedselverwerker, klop room, koekkleursel en vanilla geursel saam tot stywe  punte vorm.
Voeg kondensmelk by roommengsel en meng goed tot die mengsel egalig gekleurd lyk.
Vou dan gebreekte koekies in die mengsel in en skep oor in ‘n 2 liter plastiek- of roomys bak. Strooi so 4 gebreekte koekies bo-oor die mengsel en maak toe.
Stoor in vrieskas vir minstens 5 ure.
Laat staan vir so 15 minute buite vrieskas voor bediening.

Resep en foto: Chantàl  Theron

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page