BLOMKOOLGEREG
Dit is besonders lekker en genoeg vir ± 6 persone.
- 1 blomkool
- ½ rooi pepper, fyn gekap
- ½ ui, fyn gekap
- 3 eiers
- 1 koppie room
- ½ suurlemoen se sap
- ½ teelepel oreganum
- ½ teelepel pietersielie
- sout en peper, na smaak
- 1 koppie Mozzarella kaas, grof gerasper
- ekstra Cheddar kaas, gerasper
Kook blomkool in kookwater met stronk na bo vir 10 minute in mikrogolf, bedek die kool. (ek sit somer ‘n deurskynende plastiek sakkie bo oor)
Haal uit water en laat ekstra water af loop. Breek blommetjie in mooi groottes en pak in gesmeerde oondbak.
Meng die res van die bestanddele saam. Skep eiermengsel oor die blomkool in die oondbak, en strooi Cheddar kaas bo-oor die gereg.
Bak teen 180°C vir ± 40 tot 45 minute.
Resep geplaas en foto : Alta van Dyk