BLOMKOOL KOEKIES
- 1 koppie effens gaar blomkool, fyn gedruk
- 1 x 250 g gevriesde heel pit mielies, opsioneel
- 1 x pakkie spek, in stukkies gesny
- 2 eiers
- 1 koppie bruismeel
- gemengde kruie, na smaak
- Aromat na smaak
- Ekstra:
- gerasperde kaas
Meng al die bestanddele saam.
Skep lepels vol in gespuite muffinpan.
Bak tot goudbruin in voorverhitte oond op 180 ºC ongeveer 20 min.
Strooi gerasperde kaas oor en sit terug in oond sodat kaas kan smelt.
Geniet dit.
Resep en foto: Deidre Pritchardt
Category: