BLOMKOOL EN BROCCOLI SLAAI
Ek het verlede naweek weer die Blomkool en Broccoli slaai gemaak, bly maar ‘n treffer!☆
- 1 kop broccoli
- 1 kop blomkool
- 1 groot ui, fyngekap
- 500 g spek stukkies
- 1 koppie Cheddarkaas, blokkies gesny
- Sous:
- 1 blik kondensmelk
- 1 ½ koppie mayonnaise
Spoel blomkool en broccoli af, sny stingels af en sny koppe in klein stukkies. Gebruik dit net so rou.
Braai die spek tot bros en laat afkoel.
Voeg gekapte ui en kaas by die gesnyde koolmengsel.
Voeg spek by sodra dit afgekoel het.
Meng die kondensmelk en mayonnaise en meng in die slaai in.
Nota:
Ek het Bacon Kips fyngemaak en by die sous ingeroer, dit het die slaai ‘n baie lekker smaak gegee.
Resep geplaas deur en foto: Elsa Van Kradenburg Fourie