BLITSIGE MODDERKOEKIE
Hierdie is vir al die soet-tande daar buite. Gelukkig het ek onthou om die laaste koppie af te neem, want soos dit uit mikrogolf kom, het elkeen gevat 🙂
- 3 eetlepels bruismeel
- 2 eetlepels suiker
- 1 eetlepel kakao
- 3 eetlepels melk
- 3 eetlepels kookolie
- 5 ml vanielje geursel
- 1 x 55 g Bar One sjokolade, in blokkies gesny
Meng bruismeel, suiker en kakao saam. Voeg melk, kookolie en vanilla geursel by.
Voeg van die Bar One blokkies by, maar hou ‘n paar om bo-op te plaas.
Mikrogolf op hoog vir 90 sekondes.
Geniet dadelik.
Resep en foto: Frances Smith