Your Recipe Blog

BLITSIGE KAASKOEK MET VARIASIE

BLITSIGE KAASKOEK MET VARIASIE

Ek het die kors vervang met nuttikrust beskuitjies , die kaneel uitgelos en die vanielje vervang met karamel en versier met fudge wat ek opgesny het … baie lekker !
Lewer ‘n middelslag – tert.

  • Kors:
  • 200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies, fyngedruk
  • 80 g margarien, gesmelt
  • 2 ml kaneel
  • Vulsel:
  • 1 blik ( 397 g ) kondensmelk
  • 1 houer ( 250 g ) geroomde maaskaas
  • 1 pakkie ( 90 g ) vanieljekitspoeding
  • 100 g melksjokolade ( opsioneel )

Meng die beskuitjiekrummels, botter en kaneel.
Druk met die agterkant van ‘n lepel op die bodem en teen die kante van ‘n 1 liter – tertbord vas.
Klits die kondensmelk en maaskaas tot gemeng.
Strooi kitspoedingpoeier oor en klits 1 minute lank.
Giet die vulsel in die kors en verkoel in yskas tot stewig.
Berei sjokoladekrulle met ‘n groenteskillertjie en versier die kaaskoek daarmee soos op foto 3.
Nota:
Ek moet sê dit is baie lekker en baie vinnig om te maak, geniet!

Foto resep aanpassings:Petro van Genderen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5