BLIKBEKER SMELT IN DIE MOND SJOKOLADEPOEDING
My Namibiese Blikbeker lekkerte, smelt in die mond tjoklitpoeding.
- Koek:
- 3 groot eiers
- 250 ml olie
- 250 ml sterk swart koffie, afgekoel
- 1 boks sjokoladekoekmengsel (ek het sommer my vriendin Ina Paarman😋 se sjokoladekoek gebruik)
- 3 x 50 g Nosh-Sjokoladestafies, in kleiner blokkies gesny
- Sous:
- 250 ml kookwater
- 30 ml kakao
- 60 ml suiker
Koek:
Verhit oond tot 180° C.
Klits die eiers en olie met ‘n elektriese klitser.
Voeg die koffie by en klits dit verder vir 5 min.
Voeg die sjokoladekoekmengsel by en meng alles goed.
Voeg sowat ¾ van die blokkies sjokolade in die beslag en meng liggies.
Verdeel die beslag in 6 gesmeerde blikbekers en plaas op ‘n bakplaat.
Strooi die laaste bietjie sjokoladeblokkies bo-op elke beker.
Bak in oond vir sowat 50 min of tot toetspen uitkom.
Sous:
Plaas al die bestanddele vir sous in glasbak en mikrogolf vir sowat 5 min.
Giet die sous oor die warm sjokoladepoeding in bekers sodra dit uit die oond kom.
Resep en foto: Jessie Vermeulen