BILTONGSOP MET SAMPIOENE
- 125 ml fyn biltong
- 250 g biltong, gekerf
- 1 pakkie sampioene, dun skyfies gesny of fyngekap
- 125 ml botter
- 1 pakkie sampioensoppoeier
- 1 pakkie skaap en groentesoppoeier (mutton and vegetable)
- 2 liter kookwater, waarin 1 blokkie Maggi beesaftreksel opgelos is
- 10 ml grof gemaalde swartpeper
- 250 ml gerasperde Cheddarkaas
- 500 ml melk
- 125 ml room
- Paprika
Braai sampioene in die botter tot gaar.
Voeg die opgeloste beesaftreksel by.
Meng die soppoeiers, melk en room saam.
Voeg by sampioene, roer aanhoudend oor magtige hitte tot mengsel gaar is.
Voeg die kaas, biltong en peper by.
Roer deur, skep in bakkies en sprinkel ‘n bietjie fyn biltong bo-op sop.
Sprinkel bietjie paprika bo-oor en bedien warm.
Resep en foto: Heleen Brümmer Nel