Your Recipe Blog

BILTONGSOP MET GEBAKTE BROOD

BILTONGSOP MET GEBAKTE BROOD

Resep en foto: Michelle Bekker

  • Brood:
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 500 ml koekmeel
  • 310 ml melk
  • Meng al die bestanddele en knie vir ‘n paar minute.
  • Bak in gesmeerde pannetjie teen 190 °C  vir 35 minute.
  • Plaas ‘n klont botter bo-op voor dit in die oond gaan, sorg vir ‘n krakerige kors bo.
  • Nota:
  • Nie nodig om broodjie vooraf te laat rys nie.
  • Pannetje ± 25 x 15 cm en maak ongeveer 8 lekker dik snye brood, genoeg vir 2 persone.
  • Sop:
  • 200 g biltong
  • 250 ml koekmeel
  • 3 koppies water
  • 3 koppies melk
  • 2 “beef stock pots”
  • swart peper
  • koppie cheddar
  • ¼ room of gewone jogurt
  • ½ koppie botter
  • Smelt botter, meng stock pots by en roer. Meng meel by en roer tot pasta.
  • Klits melk en water by en roer tot kookpunt en daar geen klonte meer in is nie.
  • Plaas die kaas en biltong in en roer tot kaas gesmelt is.
  • Laastens meng room of yogurt by.
  • Geniet saam met gebakte broodjie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page