BILTONGGEVULDE PANNEKOEK
Gistraant se pannekoek met gekerfde biltong.
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels sout
- 2 teelepels bakpoeier
- 1 eeetlepel sonneblomolie
- 2 teelepels suurlemoensap
- 2 geklitste eiers
- 3 koppies water
Sif die droë bestanddele saam en roer die water, eiers, olie en suurlemoensap by en meng goed tot ‘n loperige beslag.
Skep soplepels vol in ‘n warm pan en bak ‘n paar minute aan die eenkant en draai of flip dit om en doen ook so met die anderkant.
Keer uit op ‘n bord of bak. Hou aan tot al die pannekoek gebak is.
Plaas gesnyde biltong op ‘n dubbelle laag pannekoeke en rol dit toe.
Geniet!!
Resep en foto’s: Gideon Louw