Your Recipe Blog

BIETJIE BAIE OORSKIET GROENTEGEBAK

Recipe by
Cook: 30 minutes

BIETJIE BAIE OORSKIET GROENTEGEBAK

“Ek het vanaand op die punt gekom waar ek bietjies-bietjies vars en gevriesde groente in die yskas en vrieskas het wat opgebruik moet word… en het toe dié gereg uitgedink. En ek kan met trots sê dat omtrent alles in die resep bietjies-bietjies bestanddele is… ou brood, fyn gemaak in die voedselverwerker vir broodkrummels, klein bietjies gevriesde en vars groente wat op hulle eie jy maar mee gaan sukkel om ‘n gereg mee te maak; ‘n laaste stukkie kaas… jy kan spek, rookwors, maalvleis, hoender of enigiets bysit – dan is dit ‘n hele ete. En enige groente wat jy het! Ons eet die gereg vanaand saam met ‘n stukkie wors.

  • ¼ kool, gekerf
  • 1 rooi soetrissie (bell pepper), gekap
  • ⅓ botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
  • 350 ml gevriesde blomkool
  • 250 ml gevriesde groenbone
  • 250 ml gevriesde ertjies
  • 250 ml melk
  • 100 ml room
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • Bolaag:
  • 100 g botter/kunsbotter, gesmelt
  • 300 ml broodkrummels
  • 200 ml gerasperde kaas

Braai kool en soetrissie vir vyf minute saam. Voeg botterskorsie, blomkool en 100 ml water by en stoom-braai tot al die water verdamp het. Roer groenbone en ertjies deur die mengsel.
Meng melk, room en soppoeier saam, en giet bo-oor die groente.
Meng al die bestanddele vir bolaag in ‘n bakkie saam, sprinkel bo-oor en bak 30 minute by 180 °C tot goudbruin.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page