Your Recipe Blog

BIERPOTJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 8 - 10 porsies

BIERPOTJIE

  • 2 kg beesvleis vir bredies “stewing beef”, in blokkies gesny
  • ½ pak spekvleis, gesnipper
  • 2 groot uie, fyn gekap
  • 4 huisies knoffel, fyn gekap
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel growwe swartpeper
  • 2 koppies Guinness bier
  • 5 wortels, gekap
  • 3 stingels seldery, gekap
  • 8 murgpampoentjies, in stukke gesny
  • 8-10 klein aartappels, geskil
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier

Braai eers die spek en beesvleis in ‘n pot. Gebruik ’n klein bietjie olie hiervoor.
Wanneer die vleis bruin is, voeg die uie by en braai dit saam met die vleis totdat dit sag is.
Voeg die knoffel by en braai dit vir so ’n minuut.
Skink die Guinness in die pot (neem een sluk vir goeie geluk).
Laat die Guinness vir so 10 minute saam met die vleis borrel.
Voeg sout en peper by.
Roer die pot dan goed deur.
Pak nou die wortels, seldery, murgpampoentjies en aartappels bo-op mekaar in die pot.
Strooi die soppoeier bo-oor en sit jou deksel op.
Prut dit vir so 1 uur.
As die sous te lank trek, haal die deksel af.

Nota:
Ons bedien dit op skulppasta, want dit vang al die lekker sous op.

Foto en resep: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5