Your Recipe Blog

BEV SE RYSPOEDING

Recipe by
Cook: 40 minute

BEV SE RYSPOEDING

  • 4 koppies gaar rys
  • 2 pakkies karamel of “butterscotch” kitspoeding
  • 500 ml room
  • 250 ml melk
  • 50 ml Amarula likeur, opsioneel
  • 2 eiers
  • pypkaneel en suiker gemeng

Meng alles behalwe rys goed saam en voeg laaste rys by.
Smeer oondpan of glasbak met margarien of gebruik spray and cook.
Strooi kaneelsuiker mildelik onder in pan en skep dan die rys mengsel bo-op die suiker in die pan.
Strooi weer kaneelsuiker oor.
Bak vir 40 minute teen 180 ºC.
Maak lekker dik vla daarby en geniet dit.

NOTA:
Ryspoeding proe effens souterig maar moenie suiker by sit nie. Sit dan liewer so 50 ml goue stroop by jou mengsel.

GENIET DIT.

Resep en foto: Beverley Gabrielson

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page