BETS SE SOUTTERT
- Kors:
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 125 ml kookolie
- 150 ml kookwater
Sif droë bestanddele saam. Voeg olie en kookwater by en maak aan tot hanteerbare deeg. Druk vas in ‘n gesmeerde oondpan.
- Vulsel:
- ½ blik tamatiepuree
- 4 eiers
- ½ koppie melk
- 500 g gekapte ham
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 – 2 gekapte uie
- gekapte pietersielie na smaak
- 1 teelepel mosterdpoeier
- oreganum na smaak
- ½ teelepel rooipeper
- 1 blik suikermielies
Smeer die tamatiepuree egalig op die rou kors. Klits eiers en melk saam.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Skep in die kors en bak by 180ºC vir 30 – 40 minute of tot gaar.
Resep en foto: Bets Lourens