BETS SE ROOSTERKOEKE
Ek het hierdie roosterkoeke vandag gemaak saam met lekker kaaswors wat ons toe sommer op die elektriese braaier gemaak het. Dit is ‘n vinnige en maklike resep vir wanneer daar nie tyd is om die deeg eers te laat rys nie.
- 6 koppies koekmeel
- 4 eetlepels bakpoeier
- 2 teelepels sout
- 2 eiers
- 2 koppies (500 ml) melk
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers en melk saam.
Voeg by droë bestanddele en knie goed. (Ek het dit sommer in die menger geknie).
Knie vir ± 3 minute.
Strooi meel op jou werksoppervlak en skep deeg daarop.
Rol in ‘n wors en sny in 16 stukke.
Strooi bietjie meel bo-oor, druk lekker plat en plaas dit op nie te warm kole of braaier.
Braai 10 – 15 minute of tot gaar.
Bedien met botter en konfyt.
Nota:
Resep kan met sukses halveer of verdubbel word.
Resep en foto: Bets Lourens