Your Recipe Blog

BETS SE POEDING

BETS SE POEDING

  • 1 koppie hoogvol koekmeel
  • ½ koppie melk
  • ½ teelepel vanilla ekstrak
  • ½ tot ¾ koppie suiker
  • 2 eiers, geskei
  • 1 eetlepel botter
  • 1 desertlepel bakpoeier (12.5 ml)
  • knippie sout
  • Bo-oor:
  • 2 koppies melk vir bo-oor, na gebak
  • appelkooskonfyt

Room botter en suiker, voeg eiergele by.
Sif droë bestanddele by bottermengsel en voeg vanilla ekstrak by. Roer melk by tot goed gemeng.
Skep in gesmeerde oondbak en bak tot ligbruin.
Haal die poeding uit die oond, steek gaatjies in met ‘n vurk, giet melk bo-oor.
Smeerdie poeding met appelkooskonfyt, klits eierwit styf en skep bo-op gebakte poeding.
Plaas terug in oond en bak tot ligbruin.
Bedien met room of vla.

Resep en foto: Lenie van Heerden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page