BETOWERENDE PEERKOEK
Daar is iets betowerends aan koek.
- 4 pere, geskil, ontpit en in dun skywe gesny. Braai die peer skywe liggies in botter met 1 eetlepel suiker tot net sag.
- 2 eiers
- 50 g suiker
- knypie sout
- 100 ml melk
- 25 ml botter, gesmelt
- 5 ml bakpoeier
- 80 g koekmeel
- 5 ml vanilla ekstrak
- skil van 1 lemoen, gerasper, opsioneel maar maak tog ‘n verandering in smaak
Room die eiers, suiker en sout goed saam.
Voeg die melk en gesmelte botter by en meng goed.
Sif die bakpoeier en meel by en meng goed.
Voeg die vanilla ekstrak en lemoenskil by en meng goed.
Voeg die pere by en meng goed.
Smeer ‘n kleinerige ringpan en skep die mengsel daarin.
Maak die mengsel gelyk. Daar moet nie lug in die mengsel tussen die pere wees nie.
Sprinkel verdere botter, so ongeveer 20 ml, en bietjie suiker bo op.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180° C vir ongeveer 50 tot 60 minutes of tot gaar.
Koel af, verwyder en versier.
Notas
Ek het ‘n ringpan gebruik en nie ‘n veerklamppan soos die oorspronklike resep voorskryf nie.
Die vulsel is baie loperig en die baktyd gaan definitief wissel van oond tot oond. Hou maar ‘n wakende oog daaroor.
Die koek is nie baie groot nie en rys ook min.
Ek glo ingelegde pere sal ook werk?
Miskien suurlemoenskil?
Oorspronklike resep deur craveable en verander en aangepas deur my.
Foto : NM Swanepoel -Nicolaas Martinus Swanepoel












