BESTE VLAKOEKIES OOIT
Hierdie is beslis die beste vlakoekies wat ek nog gebak het. Heerlik verby.
Weeg die bestanddele af vir die beste resultate.
- 2.64 kg koekmeel
- 1.35 kg stooisuiker
- 20 g sout
- 1.2 kg vlapoeier
- 63 g bakpoeier
- 2.25 kg botter of bakmargarien
- 26 druppels “electric yellow” gel kleursel
- 25 ml vanilla ekstrak
- 10 jumbo eier
Sif die meel, strooisuiker, sout, vlapoeier en bakpoeier saam in ‘n groot mengskottel.
In ‘n aparte mengbak, klits die botter, kleursel en vanilla saam tot lig.
Vryf die bottermengsel by die gesifde meelmengsel in.
Klits die eiers eenkant in ‘n mengbak en giet dit deur ‘n sif by die meelmengsel en meng goed deur tot ‘n sagte deeg.
Gebruik ‘n koekiemaker of vleismeultjie om die koekies te vorm.
Plaas die koekies op voorbereide koekiepanne en bak in ‘n voorverhitte oond by 165°C (konveksie) vir 7 minute.
Draai en ruil die panne en bak ‘n verdere 7 minute.
Verwyder die panne uit die oond en maak die koekies dadelik los van die panne.
Laat die koekies ongeveer 7 minute afkoel en keer die koekies uit op ‘n bakdoek.
Vul die koekies met ‘n vulsel van eie keuse en laat staan die gevulde koekies tot die vulsel gestol het.
- Vulsel:
- 500 g regte botter
- 1 kg versiersuiker, gesif
- 3 teelepel vanilla pasta
- 500 g wit Couverture sjokolade
- 125 ml kookwater
Klits die botter tot lig.
Meng die gesifte versiersuiker stadig by die botter tewyl jy meng, klits weer tot lig.
Voeg die vanilla by en meng deur.
Maak ‘n ganache van die wit Couverture sjokolade en kookwater gemeng.
Indien die sjokolade nog smelt nodig het tot glad, mikrogolf in 20 sek. sarsies. Maak seker dis glad. Koel af tot kamertemperatuur. Meng by versiersuikermengsel in en klits goed tot glad. Gebruik om die koekies op mekaar te plak.
Resep en foto: Frikkie Jones