BESTE MAALVLEIS SKONSGEREG
Smaak was baie lekker, maar ek sal die skonbolaag halfeer want hy is Baie dik!!
- olie
- 1 ui, gekap
- 1 teelepel vars knoffel
- 700 g maalvleis ( ek 500 g gebruik)
- 2 eetlepel Worchestersous
- 2 ml sout
- peper na smaak
- 1 eetlepel pietersielie
- 1 koppie bevore gemengde groente
- 1 pakkie soppoeier
- 1 ½ koppie kookwater
Braai ui en maalvleis saam en meng res van die bestanddele by, braai so 5 min.
Skep in ‘n voorbereide oondbak.
- Skons bolaag:
- 2 koppies bruismeel
- 1 teelepel mosterdpoeier
- 1 ml sout
- peper na smaak
- 3 eetlepels botter
- 2 eetlepels pietersielie
- 1 blik suikermielies
- 1 eier
- bietjie melk
Sif droë bestanddele en vryf botter in tot krummels.
Meng die res by tot ‘n deeg en skep bo op die vleis!
Bak 35 min by 200ºC of tot gaar en mooi verkleur.
Resep geplaas en foto: Benhet Nieuwenhuis