Your Recipe Blog

BESTE BASILIEKRUIDPESTO OM TE VRIES

BESTE BASILIEKRUIDPESTO OM TE VRIES

  • 2 teelepels fyn knoffel
  • 2 eetlepels fyn pekanneute
  • 3 koppies styfgedrukte basiliekruidblare
  • 3 ml sout
  • 120 ml olyfolie
  • 60 ml parmesaan of cheddarkaas

Spoel blare af en sny fyn. Sit al die bestanddele in die voedselverwerker of “zirts” tot fyn en glad.
Vir vries skep 2 teelepels vol van die megnsel in ‘n ysbakkie holte.
Daar is 12 holtes so jy het 24 teelepels mengsel nodig. Plaas in die vrieskas.
Haal volgende dag uit ysbakkie. Sit blokkies in individuele sakkies, m.a.w 2 teelepels per sakkie.
Wanneer nodig sit jou blokkie net so gevries in jou pasta na pasta gedreineer is.
Geniet jou pesto pasta.

Resep en foto: Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page