BÊREMENGSEL VIR WARMSJOKOLADE
“So is ek vandag geïnspireer om die bêremengsel vir warmsjokolade uit te toets. Ek het net helfte van die resep gemaak en ek ‘tweak’ hom nog effens. Hy proe amper soos ‘n regte restaurant hot chocolate.
- 2 koppies volroom melkpoeier
- ¾ koppie versiersuiker
- ½ koppie cremora of verromer
- 6 eetlepels kakaopoeier
- 1 pakkie (90 g) sjokolade kitspoeding
- 4 teelepels koffiepoeier
- ½ teelepel sout
Sif bestanddele saam en bêre in ‘n houer wat goed seël.
Dit het ‘n 200 g bottel volgemaak.
Om voorteberei:
Ek het gevind net warm water is nie lekker nie. So in ‘n gewone koppie grote gebruik ek warm water, een teelepel suiker en bietjie melk met 3 gehoopte teelepels mengsel.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira













Albie Meyer
Ek het dit gemaak, dis heerlik! (Ek het wel die melkpoeier vervang met creamora want ek verkies om dit aan te maak met kookwater in plaas van melk).