Your Recipe Blog

BERE SE DIEP GEBRAAIDE UIE

Recipe by
Prep: 10 minute | Cook: 15-20 minute per porsie | Servings: 6

BERE SE DIEP GEBRAAIDE UIE

Ons kuier (verantwoordelik) by vriende en moet ‘n bygereg saamneem.
Ons het besluit op hierdie treffer
Die uie is baie lekker net so op sy eie maar jy kan enige “droë” bestanddele bevoeg soos brosgebraaide spekstukkies. Ek belowe vingers word saam geëet.

  • 1 kg uie in baie dun skywe gesny (ek het sommer met ‘n ou broodsnyer gesny)
  • 2 teelepels sout
  • 1 eetlepel speserye van jou keuse
  • 350 g bruismeel
  • 1 – 1.5 liter sonneblomolie

Maak die uie lekker los van mekaar.
Bestuif mildelik met bruismeel totdat al die klammigheid geabsorbeer is.
Vul ‘n diep pot met ongeveer 1-1.5 liter sonneblomolie en laat lekker warm word.
Deel die uie in porsies (ek sou sê in 3, afhangend van jou potgrootte).
Diepbraai soos “chips” totdat dit goudbruin en bros is.
Dit neem ongeveer 20 min per porsie.
Dreineer op ‘n kombuispapier en bedien.

Nota:
Die lekkerte is dat dit bros bly. Myne het vir 2 dae goed gehou

Resep en foto: Bernadene Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page