BEKOSTIGBARE VEELSYDIGE BROOD
Ek het ‘n navraag ontvang vir ‘n bekostigbare, maar LEKKER brood. Wees kreatief en geur die brood met enige iets van jou keuse.
- 680 ml louwarm water
- 1 pakkie droë kitsgis
- 1 eetlepel heuning
- knypie sout
- 1 kg bruismeel
Voeg die water, gis, heuning en sout saam in ‘n mengbak en roer totdat die gis en sout opgelos is.
Voeg die bruismeel by en meng die bestanddele deur tot ‘n slap deeg vorm.
Keer die deeg uit op ‘n oppervlak en knie die deeg vir 5 minute.
Vorm die deeg in ‘n ronde bal, plaas dit terug in die mengbak en bedek met ‘n klam doek.
Laat die deeg rys totdat dit verdubbel in grootte.
Haal die deeg uit die bak en knie dit weer vir 2 tot 3 minute.
Vorm die deeg in ‘n bal en plaas die deeg op ‘n bakplaat of bord wat met meel bestrooi is.
Laat dit vir ongeveer 30 tot 60 minute rys. (hang af van die temperatuur buite)
Bak die brood op die bakplaat of bord, in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 40 tot 45 minute.
Resep en foto: Michael Coetzee