Your Recipe Blog

BEESVLEIS / SKAAP OF LAMSKERRIE

BEESVLEIS / SKAAP OF LAMSKERRIE

  • 500 ml “beef stock”
  • 4 eetlepels kookolie
  • 3 uie, geskil en fyngekap
  • 1 kg bees kookvleis (skaap of lam)
  • 3 eetlepels fyngekapte knoffel of droë knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel vars gemmer gerasper of 1  teelepel fyn gemmerpoeier
  • sout en peper na smaak
  • 1 teelepel borrie
  • 3 eetlepels Cartwright “mild and spicy” kerriepoeier
  • 1 teelepel komyn
  • 1 teelepel neutmuskaat
  • 15 ml asyn
  • 15 ml appelkooskonfyt of suiker
  • 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 5 tamaties ontvel en in blokkies gesny of ‘n blikkie gekapte tamatie
  • gevriesde gemengde groente( ek gebruik Harvestime Mixed Vegetables)
    (Vandag het ek wortels, aartappels, uie, groen- en rooi pepper, gevriesde ertjies, sampioene en vla pampoentjies gebruik)

Verhit die olie in ‘n groot kastrol, braai die uie, kerrie en speserye tot goudbruin. Voeg die vleis, knoffel en gemmer by en laat prut oor matige hitte tot die vleis ’n bruinerige kleur kry

Meng asyn en Appelkoos konfyt en voeg by vleis. Voeg twee koppies beef stock en tamaties by en laat prut tot die meeste van die water weggekook is. Voeg die sout, peper en fyn speserye by en laat prut. Roer vir so 2 tot 3 minute.
Voeg die aartappels en twee koppies water by en laat prut tot die aartappels sag is. Roer af en toe.
Wanneer aartappels so halfpad gaar is plaas gevriesde gemengde groente by.
Kook tot groente gaar is.
Dien op saam met gaar rys.

Resep en foto: Heleen Brümmer Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page