Your Recipe Blog

BEESVLEIS “CHOW MEIN”

BEESVLEIS “CHOW MEIN”

Resep en foto: Margaré Phillips
Beef chow mein.

  • 300 g eierpasta (egg noodles)
  • 400 g steak
  • 20 ml mielieblom
  • 20 ml soyasous
  • 2.5 ml sout
  • 2.5 ml wit peper
  • 60 ml kookolie
  • 30 ml gekapte knoffel
  • 4 sprietuie, wit gedeelte opgesny
  • 800 g roerbraai mengsel (murgpampoentjies, sampioene, wit en pers kool, wortels, groen boontjies en rooi soetrissie)
  • Chow meinsous:
  • 80 ml soyasous
  • 40 ml oestersous
  • 30 ml hoisinsous
  • 60 ml bruinsuiker
  • 30 ml sesame olie
  • Meng die mielieblom, soyasous, witpeper en sout in ‘n mengbak en meng.
  • Voeg die vleis by, roer goed deur en laat dit staan om te marineer.
  • Meng die chow meinsous bestanddele en roer goed. Roer totdat suiker opgelos is, hou eenkant.
  • Maak die eierpasta gaar in kook water met bietjie sout.
  • Dreineer sodra die gaar is.
  • Spoel met koue water af, hou eenkant. (As jy jou noedels gaar maak in die mikrogolf met kook water vat dit so 7 – 10 minute.)
  • Voeg 50 ml olie in ‘n pan, braai salotte en knoffel vir ongeveer 2 minute, voeg die roerbraai groentemengsel by, braai verder vir nog 8 minute.
  • Skep die groente uit en hou eenkant.
  • Voeg 10 ml olie in dieselfde pan, braai die vleis tot net gaar ongeveer 2 min.
  • Voeg die roerbraaigroente, noedels en chow meinsous by die vleis.
  • Roer goed, braai vir nog so 2 min.
  • Bedien 
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page