BEESVLEIS “CHOW MEIN”
Beef chow mein.
- 300 g eierpasta (egg noodles)
- 400 g steak
- 20 ml mielieblom
- 20 ml soyasous
- 2.5 ml sout
- 2.5 ml wit peper
- 60 ml kookolie
- 30 ml gekapte knoffel
- 4 sprietuie, wit gedeelte opgesny
- 800 g roerbraai mengsel (murgpampoentjies, sampioene, wit en pers kool, wortels, groen boontjies en rooi soetrissie)
- Chow meinsous:
- 80 ml soyasous
- 40 ml oestersous
- 30 ml hoisinsous
- 60 ml bruinsuiker
- 30 ml sesame olie
Meng die mielieblom, soyasous, witpeper en sout in ‘n mengbak en meng.
Voeg die vleis by, roer goed deur en laat dit staan om te marineer.
Meng die chow meinsous bestanddele en roer goed. Roer totdat suiker opgelos is, hou eenkant. Maak die eierpasta gaar in kook water met bietjie sout. Dreineer sodra die gaar is.
Spoel met koue water af, hou eenkant. (As jy jou noedels gaar maak in die mikrogolf met kook water vat dit so 7-10 minute.)
Voeg 50 ml olie in ‘n pan, braai salotte en knoffel vir ongeveer 2 minute, voeg die roerbraai groentemengsel by, braai verder vir nog 8 minute.
Skep die groente uit en hou eenkant.
Voeg 10 ml olie in dieselfde pan, braai die vleis tot net gaar ongeveer 2 min.
Voeg die roerbraaigroente, noedels en chow meinsous by die vleis.
Roer goed, braai vir nog so 2 min.
Bedien
Resep en foto: Margaré Phillips