Your Recipe Blog

BEESSTERTPOTJIE MET GROENTE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 3 - 4 ure

BEESSTERTPOTJIE MET GROENTE

  • 30 ml olyfolie
  • 2 groot uie, gekap
  • 30 ml fyn knoffel
  • 1.7 kg beesstert
  • sout en peper, na smaak
  • Aromat na smaak
  • 30 ml Worcestersous
  • 2 beesstert aftrekselblokkies, aangemaak met 1.5 liter water
  • 150 ml droë rooiwyn
  • baba mielies, baba aartappels en klein worteltjies, na smaak
  • 125 ml room
  • 25 ml melk
  • 15 ml sampioen soppoeier, met die melk aangemaak

Braai uie in olyfolie tot sag. Voeg beesstert by en braai bruin. Voeg knoffel en beesstertaftreksel by en prut stadig.
Voeg die wyn, sout, peper, aromat en Woestesous by. Prut ongeveer 3 ure tot vleis sag is.
Voeg water by indien nodig dat daar altyd ‘n sousie is.
Sodra die vleis sag is, voeg die groente asook die room by. Kook totdat die groente sag is, voeg die soppoeiermengsel by. Laat nog 5 min prut om te verdik.
Dien op saam met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page