Your Recipe Blog

BEESSTERT POT MET BRANDEWYN

BEESSTERT POT MET BRANDEWYN

Sjoe van 06h00 vanoggend op my voete met die waterlemoenkonfyt stukke en 12h00 weer besig gewees om my beestert pot te maak.

  • 2 uie, fyn gesny
  • 2 eetlepels knoffel
  • bietjie olyf olie vir braai
  • 2 kg beestert
  • 1 koppie 3 jaar KWV brandewyn
  • 1/3 koppie oestersous
  • 1/4 koppie balsamiese asyn
  • 1/4 koppie soya sous
  • 2 eetlepels “fishsause”
  • 1/2 koppie blatjang
  • 1/4 koppie tamatiesous
  • 1 pakkie sampioene, in snytjies gesny
  • 2 eetlepels fyn appelkoos konfyt
  • 500 g gevriesde gemengde groente
  • 5 groot aartappels, geskil in blokkies gesny
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 1 eetlepel Bisto

Braai die uie en knoffel bruin in bietjie olyf olie en haal uit.  Die beestert bruin gebraai in die olie. Voeg die brandewyn by en bedek vleis met kookwater.

  • Meng die volgende en voeg by:
  • al die ander souse
  • appelkoos konfyt
  • bruin uiesoppoeier
  • Bisto
  • Voeg die volgende by:
  • gemengde groente
  • aartappels
  • sampioene

Kook stadig vir 4 ure.
Lekker sticky en van die been afgeval.
Bedien saam met Basmati rys!
Nota:
Julle kan ook diskresie gebruik, kan pynappel sny in stukkies en insit, ek het nie gehad nie en was te lui om winkel toe te ry! Nou my voorskoot gebêre!

Resep en foto: Hendri Le Roux

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page