BEESPENS- EN SKAAPTONGPOT
- 4 kort (12 cm) selderystingels, opgesny
- 1 kg skoongemaakte beespens
- 1 rooi brandrissie, opgesny
- 2 groot knoffelhuisies, opgesny
- 3 cm vars gemmer, opgesny
- 6 pimento korrels
- 3 heel naeltjies
- 1 lourierblaar
- 250 ml aftreksel van keuse
- 250 ml wit wyn
- 10 ml Worcestersous
- 500 g skaaptongetjies
- 1 ui, opgesny
- 1 kaneelstok
- 1 eetlepel kerrie (11-in-One )
- 1 teelepel komyn
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel borrie
- 2 eetlepels bruinsuiker
- 440 g geskilde klein aartappeltjies
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper na smaak
Sorteer die seldery in ‘n pot in bietjie olie.
Plaas die beespens bo-op die seldery in die pot en strooi die rissie, knoffel en gemmer oor.
Voeg die pimento’s, naeltjies en lourierblaar by.
Meng die wyn, Worcestersous en aftreksel saam en voeg by die bestanddele in die pot. Bedek en plaas in ‘n voorverhitte oond teen 170°C vir 1 uur.
Voeg nou die skaaptonge by en bak vir ongeveer 60 minute.
Braai die uie in ‘n pan tot glanserig.
Voeg die kaneelstok, kerrie, komyn, paprika en borrie by die uie en roerbraai tot goed gemeng.
Voeg die gebraaide speserye en uie by die pens en tonge, strooi die bruinsuiker oor. Bedek die pot weer met die deksel en bak vir nog ‘n uur.
Voeg nou die aartappels by en laat prut vir nog ‘n uur.
Voeg die suurlemoensap en gerasperde skil by vir die laaste uur.
Bedien op stampmielies, kapokaartappels, pasta of rys.
Resep en foto: Johan Rossouw