Your Recipe Blog

BASILLIEKRUID EN TAMATIE FRIKKADELLETJIES

BASILLIEKRUID EN TAMATIE FRIKKADELLETJIES

Hierdie is ‘n lui huisvrou reseppie, lekker vinnig om te maak en heerlik. Die sous het ‘n heerlik smaak en ek het bietjie vars basilliekruid bygesny wat die smaak regtig besonders gemaak het.

  • 500 g maer maalvleis
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • paar groen prietuie gekap
  • ½ pakkie “Roasted tomato and basil soup with Moringa” poeier
  • 30 ml sweet chilli sous
  • ongeveer 100 ml room
  • swart peper, speserye en kruie na smaak – onthou bietjie neutmuskaat
  • paar blaartjies vars basilliekruid, fyn gekap

Meng die maalvleis met die uie soppoeier en sprietuie en laat staan so 15 minute dat die geur van die soppoeier kan trou met die maalvleis.
Neem ‘n swaarboom pot waarin al die frikkadelle in enkel laag kan lê, en giet bietjie olyf olie op die bodem.
Rol klein frikkadelletjies, ongeveer 15 – 18, maar moenie die vleis te veel hanteer nie, dan is die bolletjies droog. Rol net tot dit ‘n bolletjies is en pak in die pot.
Plaas op die stoof en laat rustig braai tot die frikkadelle mooi bruin is aan twee kante. Moenie te gou probeer om hulle om te draai nie, dan breek hulle, gee kans dat hulle self loskom en draai dan om.
Sodra die die frikkadelle se kleur mooi is, maak die tamatie soppoeier aan met ongeveer 350 ml water, meng die sweet chilli sous daarin en giet oor die frikkadelle.
Laat nou stadig deurkook tot die sous dik is, indien dit te dik is, gooi nog bietjie water by, en indien te dun, meng nog bietjie soppoeier met klein bietjie water en meng by. Wanneer die sous se dikte reg is, voeg swartpeper en kruie by na smaak en laat stadig kook vir 5 minute.
Skakel die plaat af en roer die room by.
Bedien op rys of kappokaartappels met groente en sprinkel gekapte basiliekruid oor.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page