BASIESE KOEKIES MET 6 VARIASIES
Dis ‘n basiese mengsel waarby ek 6 verskillende bestanddele voeg vir variasie.
- Basiese mengsel :
- 1 koppie koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- knippie sout
- ½ koppie suiker
- 1 eier
- 1 ml vanieljegeursel
- 45 ml olie
- melk soos nodig
Plaas al die bestanddele buiten olie in voedselverwerker.
Meng goed en voeg olie bietjies-bietjies by; die mengsel is sag en krummelrig.
Voeg melk by tot ‘n deeg vorm.
Voeg die variasie bestanddele by indien jy dit gaan gebruik.
Verkoel 15 min, knyp okkerneutgrootte-stukkie deeg af en druk goed bymekaar.
Rol in klein bolletjies.
Pak taamlik ver van mekaar op bakplate (koekies sprei).
Bak 12 minute by 180°C tot gaar en effe bruin bo-op (dit sal steeds sag wees).
Laat afkoel op bakplaat; plaas op draadrak om heeltemal af koel.
Bêre in lugdigte houer.
- Variasies :
- 1 koppie klapper
- ½ koppie hawermout
- 5 ml kaneelpoeier en rol dan koekies in sesame sade
- paar gekapte kersies
- ¼ koppie choc-chips
- ¼ koppie kakao en ¼ koppie gekapte neute
Resep en geplaas en foto: Naomi Beetge