BAO ROLLETJIES (GESTOOMDE ROLLETJIES)
- 500 g koekmeel
- 1 ½ eetlepel strooisuiker
- 1 eetlepel kitsgis
- 50 ml melk louwarm
- 1 eetlepel kookolie
- 200 ml water
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel bakpoeier
Meng koekmeel met 1 eetlepel van die strooisuiker en die sout.
Voeg kitsgis en res van die strooisuiker by die louwarm melk. Meng alles saam met die meelmengsel, die water en olie.
Deeg moet bymekaar kom. (Kan dalk meer water nodig hê)
Knie deeg vir 10 – 15 minute tot sag en elasties is.
Plaas deeg in ge-oliede bak en maak toe met kleef plastiek of klam vadoek.
Laat in warm plek staan om te rys tot dubble die hoeveelheid ± (2ure).
Keer uit op skoon werksoppervlak en druk deeg plat met hande.
Strooi bakpoeier oor die deeg en knie vir teminste 5 minute.
Rol deeg in lang wors en sny in 3 cm stukke
Nota:
Ek het myne geweeg so 48 g elk, maar dis te groot sal kleiner maak na 30-35 g per balletjie deeg.
Rol balletjies uit en rol dit ovaal, dit so tot 3-4 mm dikte.
Smeer olie aan albei kante van die ovaalvormige deeg en vou liggies toe in die helfte.
Plaas op blokkies waspapier (ek het sommer plain cupcake papiertjies gebruik).
Bedek met klam vadoek en laat rys op bakplaat vir nog 1 uur of tot bao’s dubbel in grootte is.
Stoom op medium hitte vir 10 – 15 minute. (pasop vir té hoë hitte, die broodjies sal klewerig word) Gebruik ‘n elektriese stomer of die metode hier onder.
HOE OM BAO BUNS TE STOOM
Die stoom mandjie (hetsy bamboes of andersins) moet direk bo-op ‘n kastrol van dieselfde afmeting sit.
Vul die kastrol met kookwater tot ongeveer een derde vol.
Plaas die stoommandjie bo-op die kastrol.
Plaas die bao-bolletjies in die stoommandjie, en laat ‘n bietjie ruimte vir elkeen om te rys tydens die gaarmaak proses.
Sit die deksel bo-op die stoommandjie.
Stoom oor lae-medium hitte vir 10 tot 12 minute.
Foto: Suenell Liebenberg
Resep geplaas deur Suenell Liebenberg